SNI
IN DIE
NUUS


In die nuus


Gedagtes in aanloop tot die Nasionale Begroting van Februarie 2016

Wednesday, February 24th, 2016

In Desember van 2015 het die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) ʼn verslag vrygestel oor die
huidige trajek van die staat se finansies. In die verslag het ons groot kommer oor die staat se
finansies uitgespreek.

Daarin het ons het aangevoer dat die staat se finansies by ʼn kruispad is, waar omsigtigheid, of die
gebrek daaraan, toenemend aan die kaak gestel sal word, en dat die tyd vir onbehoorlike fiskale
bestuur besig was om op te raak.

Hierdie woorde is steeds sterk op die opkomende Februarie begroting van minister Pravin Gordhan
van toepassing. Sedert Desember 2015 is twee onrusbarende afwaartse aanpassings in die staat se
kredietgradering deur S&P en Fitch gemaak.

Dit het die Suid-Afrikaanse regering een kerf bo rommelstatus gelaat. Verder is ʼn swak binnelandse
ekonomiese klimaat aansienlik deur president Zuma se skielike afdanking van Nhlanhla Nene as
minister van finansies vererger. Die uitval hiervan is veral op rand gesien waar die rand swakker as
ooit tevore teenoor belangrike geldeenhede, insluitend die Amerikaanse dollar, verhandel het.

ʼn Begroting wat reeds onder moeilike ekonomiese omstandighede sou plaasvind, gaan nou onder
veel moeiliker omstandighede in die skadu van groter politieke en beleidsonsekerheid en swakker
beleggersvertroue moet plaasvind.

Minister Pravin Gordhan wat nou aan die stuur van die Tesourie is, sal een van die moeilikste en
belangrikste begrotings sedert die ANC-regering die leisels oorgeneem het, moet behartig.
In die breë is die SNI se siening die volgende: Die regering moet heelwat minder doen, en minder
belastinggeld spandeer op die dinge wat hy steeds gaan doen. Slegs deur ʼn vermindering van die
grootte en omvang van staatsinmenging in die samelewing sal die ekonomie kan groei en rykdom kan
skep vir alle mense in Suid-Afrika.

Lees die volledige ontleding hier.

  •  
  •  
  •  


Nuusbrief

KONTAK ONS

Telefonies

Tel.: 012 644 4300

Faks.: 012 664 1102

Fisiese adres

Die Solidariteit Navorsingsinstituut

H/v Eendracht en DF Malanstraat

Kloofsig

Lyttleton

Posadres

Die Solidariteit Navorsingsinstituut

Posbus 11760

Centurion

0046

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close