In die nuus


Solidariteit Demografieprojek – GEANKER IN AFRIKA

Woensdag, Oktober 10th, 2018

Die eerste demografiese studie vrygestel deur die SNI het ten doel gehad om te bepaal hoeveel Afrikaanssprekendes en Afrikaners daar in die volgende dekades in Suid-Afrika gaan wees.
Noudat bepaal is dat die Afrikanerbevolking nie gaan wegkwyn nie, maar steeds ʼn beduidende hoeveelheid mense gaan bly, is die vraag: Waar gaan hierdie mense bly?
Die fokus is spesifiek op die Afrikaner (wit Afrikaanssprekendes). Vir enige organisasie of instelling wat die Afrikaner as teikenmark beskou, is dit van kernbelang om te weet waar hierdie bevolkingsgroep hom in die komende dekades gaan bevind. Die huidige donderwolke rondom Afrikaanse onderwys in die openbare sfeer maak private alternatiewe nodig. Waar hierdie skole en universiteite geleë moet wees, hang af van waar die Afrikaanse en Afrikanerbevolking hom gaan bevind. Gevolglik is dit van absolute kernbelang om die volgende vrae te probeer beantwoord:
• Is die Afrikanerbevolking aan die migreer?
• Indien wel, waarheen?

Solidariteit Demografie Projek GEANKER IN AFRIKA
  • 5
  •  
  •  


Nuusbrief

KONTAK ONS

Telefonies

Tel.: 012 644 4300

Faks.: 012 664 1102

Fisiese adres

Die Solidariteit Navorsingsinstituut

H/v Eendracht en DF Malanstraat

Kloofsig

Lyttleton

Posadres

Die Solidariteit Navorsingsinstituut

Posbus 11760

Centurion

0046

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close