In die nuus


Vrystelling van die Solidariteit-ETM Suid-Afrikaanse Arbeidsmarkrapport vir die derde kwartaal van 2016

Maandag, Augustus 22nd, 2016

Verswakkende werk- en loonsekerheid duur al byna ses jaar.

[Klik hier om die indeks en verslag af te laai.]

Werk- en loonsekerheid het in die tweede kwartaal van 2016 swak gebly, vasgevang binne ʼn arbeidsomgewing van dalende werk- en loonsekerheid wat sedert 2011 al amper ses jaar lank voortduur. Dít is volgens die kwartaallikse Solidariteit-ETM Arbeidsmarkindeks (AMI), opgestel in samewerking met ETM Analytics, wat vandag bekendgestel is.

Die AMI, ʼn indeks van werknemersvertroue, arbeidsbekostigbaarheid en die ETM Sakesiklus-indeks, het marginaal van ʼn opwaarts hersiene 41,2 in K1 2016 tot 42,1 in die tweede kwartaal van 2016 gestyg. Ingevolge die AMI is 50 die gelykbreekpunt tussen stygende en dalende werk- en loonsekerheid.

Let wel: Die indeks vorm deel van die jongste uitgawe van die Suid-Afrikaanse Arbeidsmarkrapport. In dié uitgawe word kwessies soos sogenaamde Skandinawiese sosialisme, SA se swak kapitaalvorming sedert 2007/08 en inflasie bespreek. ʼn Breër makro-ekonomiese oorsig word ook verskaf.

amr-2016q3-voorblad

  •  
  •  
  •  
  •  


Nuusbrief

KONTAK ONS

Telefonies

Tel.: 012 644 4300

Faks.: 012 664 1102

Fisiese adres

Die Solidariteit Navorsingsinstituut

H/v Eendracht en DF Malanstraat

Kloofsig

Lyttleton

Posadres

Die Solidariteit Navorsingsinstituut

Posbus 11760

Centurion

0046

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close