SNI
IN DIE
NUUS


In die nuus


Solidariteit se Bankkosteverslag 2018

Vrydag, Oktober 26th, 2018

Dit is Solidariteit se negende Bankkosteverslag.
Vanjaar se verslag dek al die belangrike transaksierekeninge wat deur die vyf grootste banke in Suid-Afrika aangebied word. Voorts sluit dit ook die Money Account van Old Mutual in, na ’n versoek van Old Mutual om dit te doen. Rekeninge wat net vir die jeug, studente of bejaardes beskikbaar is, is nie ingesluit nie, en ook nie privaat bankrekenings nie. Om vergelyk te word, moet rekeninge vir enige lid van die publiek beskikbaar wees.
Die kwaai mededinging het vanjaar voortgeduur. Bloot op gelde beoordeel, is Old Mutual ’n kortkop voor Capitec en Absa op die laer inkomstevlakke. As die rente wat Capitec betaal in ag geneem word, is Capitec egter steeds die goedkoopste rekening. Onder die gewilde bondelrekeninge wat aan die middelinkomstesegment van die mark bemark word, is Standard Bank se Elite Bundle vanjaar die goedkoopste. Standard Bank het ’n afslag- en ’n Betaal-per-transaksie (BPT)-opsie, maar albei is beduidend duurder. Nedbank se Savvy Plus is in ’n sterk tweede plek. Nie een van die twee sluit egter toegang tot die betrokke bank se beloningsprogram in nie. In die boonste deel van die mark is Nedbank die goedkoopste. Prys is egter nie die enigste oorweging vir kliënte in hierdie profiel nie. Ekstras en beloningsprogramme sal heel waarskynlik die deurslaggewende faktor wees.

Solidariteit se Bankkosteverslag 2018
  •  
  •  
  •  


Nuusbrief

KONTAK ONS

Telefonies

Tel.: 012 644 4300

Faks.: 012 664 1102

Fisiese adres

Die Solidariteit Navorsingsinstituut

H/v Eendracht en DF Malanstraat

Kloofsig

Lyttleton

Posadres

Die Solidariteit Navorsingsinstituut

Posbus 11760

Centurion

0046

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close