In die nuus


Vrystelling van die Solidariteit-ETM SA Arbeidmarkrapport en Indeks, K4 2016

Maandag, November 14th, 2016

Ten spyte van verbetering in Arbeidsmarkindeks is praatjies van ‘groen lote’ voortydig – Solidariteit

amr-2016-q4_a

Die indeks en verslag is hier beskikbaar.

Na aanleiding van die vrystelling van die jongste Solidariteit-ETM Arbeidsmarkindeks (AMI) wat op ʼn geringe verbetering in die derde kwartaal dui, het Solidariteit teen voortydige praatjies van “groen lote” van ekonomiese herstel gewaarsku.

Die AMI het van ʼn afwaarts aangepaste 41,9 in K2 tot 42,5 in die derde kwartaal van 2016 gestyg. Hoewel dit bemoedigend is dat die indeks vir twee agtereenvolgende kwartale gestyg het en nie verder verswak het nie, bly die vlakke in K3 swak en heelwat laer as 50,0 – wat steeds op ʼn verswakkende arbeidsmarkomgewing dui.

Die Solidariteit-ETM Arbeidsmarkindeks vorm deel van die kwartaallikse Solidariteit-ETM SA Arbeidsmarkrapport. In die vierde kwartaal se uitgawe:

  1. Uitgesoekte arbeidsmarkstatistiek
  2. Solidariteit-ETM Arbeidsmarkindeks vir K3 2016
  3. ʼn Politieke balansstaat van 2016
  4. Die rand en die politiek
  5. ʼn Blik op China se ekonomie
  6. Makro-ekonomiese nuus: Praatjies oor “groen lote” is voortydig
  •  
  •  
  •  
  •  


Nuusbrief

KONTAK ONS

Telefonies

Tel.: 012 644 4300

Faks.: 012 664 1102

Fisiese adres

Die Solidariteit Navorsingsinstituut

H/v Eendracht en DF Malanstraat

Kloofsig

Lyttleton

Posadres

Die Solidariteit Navorsingsinstituut

Posbus 11760

Centurion

0046

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close